Jongste Huisgenoot Jongste Tempo

Kom kuier by die Huisgenoot Musiekwa

kalahari.net
Praat saam

Draadkar Oor Die See

  • Draadkar oor die see

  • Lize Beekman - Draadkar oor die see
    Ek kom terug – ek kom altyd terug
    Altyd ‘n bietjie nader aan hier
    Ek het die merke aan my voete
    En die afstand in my oë
    Ek volg my hart – hy’s lankal hier
    Dis die rigting in my bloed – die pols van my kom en gaan
    So ek sal weer en weer hier voor jou staan

    (al moet ek) Met ‘n seilboot deur die karoo
    En kaalvoet die Drakensberge oor
    Met ‘n draadkar oor die see
    En met ‘n bietjie genade van Bo

    Ek kom terug – ek kom altyd terug
    Altyd ‘n bietjie nader aan hier
    Ek dra liefde oor my skouer
    En die son dans op my rug
    Ek hou die rigting wat my skaduwee gaan
    Want iewers voor my in die donker wag jy – ek wonder wat’s jou naam
    So ek sal weer en weer hier voor jou staan

    Met ‘n seilboot deur die karoo
    En kaalvoet die Drakensberge oor
    Met ‘n draadkar oor die see
    En met ‘n bietjie genade van Bo

    Ek kom terug – ek kom altyd terug
    Altyd ‘n bietjie nader aan hier
    Ek huur die spasie – ek leen die tyd
    ‘n kans om in jou oë te kyk
    Te sien hoe huistoe-kom lyk
    Iemand het gesê ‘n bietjie nader is byna amper da’
    So ek sal weer en weer hier voor jou staan

    (al moet ek) Met ‘n seilboot deur die karoo
    En kaalvoet die Drakensberge oor
    Met ‘n draadkar oor die see
    En met ‘n bietjie genade van Bo



     
 
 
Ontwerp en Ontwikkel deur SiConsulting