Jongste Huisgenoot Jongste Tempo

Kom kuier by die Huisgenoot Musiekwa

kalahari.net
Praat saam

Ek Het 'n Boer Sien Dans

  • Sit 'n bietjie langs my

  • Lize Beekman - Sit 'n bietjie langs my
    Ek het ver gery op ‘n nuwe pad vir die eerste keer
    êrens in die Groot Karoo
    Dit was die langste tyd van byna niks,
    Maar die kortste pad na waar ek wou wees
    Ek het verlang na die see
    Dit was ‘n groot verdwaal op ‘n reguit pad
    Ek het noord en suid in die veld verlê
    Maar na ‘n prentjie op ‘n plaaspad
    Was ek seker ek ruik die reën

    Ek het ‘n boer sien dans in die karoo
    Met sy hoed in die hand – dakloos in die water van bo
    Ek het ‘n boer sien dans in die karoo
    Hy sê: “ons noem dit hier Genadewater, meisiekind
    Hierdie reën – hierdie water bly ‘n seën”

    Ek het stilgestaan op ‘n nuwe plek vir die eerste keer
    êrens in die Groot Karoo
    Dit was die mooiste plek van byna niks
    Op ‘n plaas met die naam Berlin
    Toe die hemel die aarde seën
    Dit was soos huistoe kom op ‘n reguit pad
    Ek en ‘n vreemdeling met die hoed in die hand
    ‘n prentjie op ‘n plaaspad
    die stof, die dans en die reën

    Ek het ‘n boer sien dans in die karoo
    Met sy hoed in die hand – dakloos in die water van bo
    Ek het ‘n boer sien dans in die karoo
    Hy sê: “ons noem dit hier Genadewater, meisiekind
    Hierdie reën – hierdie water bly ‘n seën”



     
 
 
Ontwerp en Ontwikkel deur SiConsulting