Jongste Huisgenoot Jongste Tempo

Kom kuier by die Huisgenoot Musiekwa

kalahari.net
Praat saam

Sit 'n Bietjie Langs My

  • Sit 'n bietjie langs my

  • Lize Beekman - Sit 'n bietjie langs my
    Die bang in jou oë is onnodig
    En die klein in jou hart is onnodig
    Sit ‘n bietjie langs my jou kop teen my skouer
    Kom ons drink perske tee
    Met ons voete in die son
    Sit langs my tot die maan opkom

    Sien jy die melkhout in die tuin maak weer skaduwee
    En mooi is Namakwaland na die reën
    Lavender en blou ek is altyd by jou
    Liefde van my – ek belowe
    Hierdie dag sal ook verby

    Ek het die storm sien kom – dis so ontydig
    Hierdie koue reën – is so oorbodig
    Sit ‘n bietjie langs my jou kop teen my skouer
    Gesels as jy wil – of huil
    Ma’ sit langs my tot da’ stilte kom

    Sien jy die melkhout in die tuin maak weer skaduwee
    En mooi is Namakwaland na die reën
    Lavender en blou ek is altyd by jou
    Liefde van my – ek belowe
    Hierdie dag sal ook verby

    Hierdie liefde is veilig en soet
    Hierdie liefde lief jou onvoorwaardelik
    Bemin jou soos jy is
    Liefde bly naby…altyd langs my

    Sien jy die melkhout in die tuin maak weer skaduwee
    En mooi is Namakwaland na die reën
    Lavender en blou ek is altyd by jou
    Liefde van my – ek belowe
    Hierdie dag sal ook verby

 
 
Ontwerp en Ontwikkel deur SiConsulting