Jongste Huisgenoot Jongste Tempo

Kom kuier by die Huisgenoot Musiekwa

kalahari.net
Praat saam

Suidland Gebed

  • Sit 'n bietjie langs my

  • Lize Beekman - Sit 'n bietjie langs my
    Here in die hemel da’ bo
    Die dag is op sy laaste draai
    En die son, Here, die son – hy lyk of hy water wil hê
    Hy staan al hoe nader aan die blou dam se water
    Here, so wil ek nader aan U

    Ek kniel op hierdie Suidland se sand
    Terwyl die son water drink
    En die horison bloei
    En ek bid vir my land
    Here, altyd – in somerreën en winterson
    - bly naby
    Gee geloof en hoop en liefde, Heer, Amen!

    Here in die hemel da’ bo
    Laat my weer die engel glo
    Laat die Dawidster skyn in hierdie nag
    Heer, hou oor ons die wag
    Wees alomteenwoordig
    Ons oë altyd op U gerig
    Gee water vir die dors van hierdie kind

    So lank die son by hierdie land kom water drink
    Tot in ewigheid, Amen!
    Amen

 
 
Ontwerp en Ontwikkel deur SiConsulting