
Nuus
Die Kaap hou musiek-makietie
-
3de Nov. 2009
Na ons onlangse Huisgenoot-Skouspel 10-fees by Sun City, is die gort gaar in die Kaap! Almal soek kaartjies vir Skouspel se Kaapse kleinboetie. En jy kan seker wees dieselfde standaard gaan vir ons Huisgenoot-SkouspelPlus-konsert geld as vir Skouspel!
Maak SkouspelPlus nog onvergeetliker deur van ons spesiale verblyfpakket gebruik te maak. Gaan vir die hele naweek tuis by The Table Bay Hotel in die Waterfront in Kaapstad. By die prys van R2 665 per persoon wat deel, is twee nagte se verblyf (12 en 13 Maart) in 'n luukse kamer, ontbyt daagliks, vervoer na en van die Grand-West-casino en die heel beste SkouspelPlus-kaartjies vir Saterdag 13 Maart se vertoning om 20:00 ingesluit.
Bel 011-886-9545 of 011-886-9548 of stuur 'n e-pos na huisgenoot@megatrav.co.za vir nog inligting.
deur Huisgenoot















